Hou u in u lewe vas aan God se Waarheid?

“Gaan Groen” is hoogmode noudat sukkelende ekonomië en brose ekosisteme reg oor die aarde die noodsaaklikheid besef van bewaring en herbenuting. Mense in welvarende Westerse lande gebruik deesdae items wat hul vroeër onnadenkend sou weggooi, vir ’n ander doel of laat dit herbenut. Op elke vlak word gestreef na meer energie-doeltreffende maniere om in ons daaglikse behoeftes te voldoen. Agtelosige vermorsing maak net nie goeie sin nie.

Terwyl ek onlangs vriende gehelp het om tenks vir reënwater te installeer om die reënwater op te vang wat in hulle huis se geute afloop (’n gewoonte wat algemeen in gebruik was in jare voor moderne stedelike loodgieterswerk roetine geword het), het my gedagtes gedwaal na ’n Skrifgedeelte wat baie betekenisvol kan wees vir diegene wat sal stilstaan om dit te oordink.

Iewers tussen 635 en 605 v.C. het die antieke profeet Jeremia – wat soms die “wenende profeet” genoem word – ’n ernstige waarskuwing gerig aan die “huis van Jakob en alle geslagte van die huis van Israel” (Jeremia 2:4). Hy het die sondes van die nasie opgenoem en geprofeteer wat die verskriklike gevolge sal wees indien die mense weier om weg te draai van hul sondige weë. Hy skryf: “[Kyk] of ’n nasie sy gode verruil  – wat nie eers gode is nie. Maar my volk het sy heerlikheid verruil vir wat geen voordeel bring nie. Verbaas julle hieroor, o hemele, en huiwer, verstyf heeltemal van skrik, spreek die Here. Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie” (verse 11-13).

Wat is ’n reënbak? Dit is ’n houer waarin water opgeberg kan word, gewoonlik ondergronds. Deur gebruikmaking van hierdie analogie, wat het Jeremia aan daardie mense so lank gelede gesê? Het hy ook ’n boodskap vir ons vandag?

Dit is duidelik dat die mense van Jeremia se tyd God se glashelder opdragte oor hoe om hul lewens te leef, geïgnoreer het. Hulle het God se gebooie nie gehoorsaam nie; hulle was nie gemoeid met mekaar nie. Hulle leiers het hul op ’n dwaalspoor gelei en hulle was maar te gewillig om die stroom te volg.

Hulle liefhebbende God het hulle ryklik van “lewende waters” voorsien – geestelike waarhede en seëninge – maar hulle het nie daardie lewende waters behou nie. Dit was eerder in gebarste reënbakke gehou waaruit dit weggesyfer het en vir niemand enige voordeel ingehou het nie.

Ons gebruik vandag nog steeds daardie uitdrukking. Wanneer ons hoor van ’n onbewese skema of ’n idee wat nie werkbaar is nie – wat sekerlik sal faal – mag ons dalk sê: “Jou plan sal nie water hou nie!”

Wat van u? Sal u oortuigings, waardes en handelinge “water hou” onder die vergrootglas van God se woorde soos ons dit in die Bybel vind? In u besig om deur getrouheid en gehoorsaamheid as ’n boetvaardige volgeling van Jesus Christus, God se waarheid en Sy seëninge op te berg? Of het u gefaal, deur verwaarlosing en rebelsheid, om te fokus op wat die mees belangrikste in die lewe is, en dus vir u self gebarste reënbakke uitgekap wat nie water kan hou nie?

God se woord aan antieke Israel, gebring deur die profeet Jeremia, het vandag nog steeds betekenis vir “geestelike Israel.” In Jeremia se tyd het God geweeklaag: “Maar my volk het My vergeet, dae sonder getal” (Jeremia 2:32). Hoeveel te meer is dit nie deesdae waar nie, nou dat die meeste van die “Tien Verlore Stamme” hulle wortels totaal vergeet het! (Vir meer inligting oor die hedendaagse identiteit van die antieke Israelitiese stamme, kan u gerus ons gratis boekie, Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika? aanvra.)

U as ’n enkeling kan egter onthou en die seëninge wat God vir u bedoel het, insamel. U kan die lewensveranderende waarhede van die Skrif leer. U kan ’n Lewenswyse wat “water hou” uitleef – die lewende waters wat die Heilige Gees uitbeeld. Boetvaardige sondaars het God se hulp, deur middel van die Heilige Gees, om ware veranderings te kan aanbring in hul lewens namate hulle begin om te leef volgens God se Weg en begin om nie net die seëninge te ontvang wat in hierdie lewe sal kom nie, maar ook dié wat met Christus se wederkoms, in die Koninkryk van God, sal kom.

Ons by die Wêreld van Môre wil u graag help om te leer en te groei. Al ons leesstof word heeltemal gratis verskaf. Het u al oorweeg om in te skryf vir ons Wêreld van Môre se Bybelstudiekursus? Indien wel, kan u ons Streekkantoor die naaste aan u (soos gelys op bl. 2) nader, of na ons Webtuiste by www.wvm.co.za, gaan om meer te leer. Kyk nog vandag daarna!