’n Land benodig ’n oorvloed van verhandelbare middele of handelsware om ’n uitvoernasie te word. Wanneer ons aan Kanada se uitvoere dink, dink ons dikwels aan olie, motorvervaardiging, kunsmis, koring en hokkiespelers – dinge waarvan Kanada ’n natuurlike oorvloed het of die vermoë het om in groot hoeveelhede op te lewer. Mathieu Bertrand, die hoofsuperintendent van die RCMP [Royal Canadian Mounted Police] for Serious and Organized Crime and Border Integrity, het in ’n onderhoud met die CBC (Canadian Broadcasting Corportion) gesê: “Ongelukkig is Kanada ’n produserende land van fentaniel en sintetiese opioïede. Ons is nie slegs ’n produserende land nie, ons is ’n uitvoerland” (“Canadian-made fentanyl is an internasional problem,” CBC.ca, 18 November 2023). Dit is bekend dat Kanada se opioïeduitvoere Australië en Nieu-Seeland bereik. Verskeie dwelm-klopjagte in en naby Toronto en Vancouver het gelei tot die ontdekking van wat “super laboratoriums” genoem word – onwettige vervaardigingsfasiliteite wat in staat is om miljoene dosisse fentaniel te verwerk.
’n Onlangse artikel in die Washington Post beklemtoon die spesifieke bedreiging wat hierdie fasiliteite inhou: “Die super-laboratoriums wat deur die polisie in Kanada gevind word, verskil van dié wat in Mexiko gevind word omdat hulle die dwelm sintetiseer – nie net die saampers van poeier om pille te maak nie, maar ook deur ander chemikalieë by te voeg om die uitwerking van die fentaniel nog sterker te maak” (“Fentanyl super labs in Canada pose new threat for U.S. opioid epidemic,” WashingtonPost.com, 24 Desember 2023).
Alhoewel Kanada se ekonomie al vir ’n geruime tyd deur ’n moeilike tyd gegaan het, spog dit nogtans steeds met die negende of tiende hoogste BBP ter wêreld as slegs die agt-en-dertigste digsbevolkte nasie. Geskiedkundig was Kanada nog altyd trots daarop om sy rykdom te gebruik tot voordeel van sy eie bevolking sowel as om ander nasies te help. Deesdae vind ons dat hierdie opioïedkrisis nog ’n voorbeeld van hedendaagse Kanada se vasberadenheid is om die weg na morele agteruitgang te lei.
Skrikwekkende statistieke
Tuisgekweekte produksie verseker ook ’n ruim voorraad van dwelms vir huishoudelike gebruikers. In 2016 het Kanada ’n nuwe strategie aangekondig om die toenemende voorkoms van dwelmgebruik te bekamp. Eerder as om bloot op voorkoming te fokus, is ’n nuwe fokuspunt ingestel, naamlik “skadevermindering”. Miljarde dollars is bestee om veilige fasiliteite vir inspuitings, gratis naalde, sterker ondersteuningsdienste vir geestesgesondheidskwessies van geestelike gesondheid te verskaf asook baie ander pogings om die skade wat deur gevaarlike dwelmgebruik veroorsaak word, te verminder. Meer as 30,000 Kanadese het nietemin sedertdien gesterf as gevolg van ’n opioïed-oordosis. In 2022 het gemiddeld 20 Kanadese elke dag aan hierdie voorkombare siekte gesterf.
Mark Haden, ’n professor aan die Universiteit van Brits-Columbië, het die tekortkomings van die huidige program beskryf: “Indien ons sukses gemeet word aan sterftes as gevolg van ’n oordosis, het ons nog steeds ’n algehele ramp op hande” (“Adding up the billions of government dollars directed at Canada’s opioid crisis,” BIV.com, 30 Mei 2023).
In 1987 het premier Brian Mulroney ’n wenk van die Verenigde State aanvaar deur ’n “oorlog teen dwelms” te verklaar. Meer as 35 jaar later is nog geen oplossing gevind om die krisis van Kanadese wat aan dodelike dwelms verslaaf raak te stuit nie. Waarom kan geen oplossing gevind word nie?
Gevangenskap van verslawing
U onthou waarskynlik die slagspreuk: “Sê net nee vir dwelms”. Dit lyk eenvoudig genoeg. Die boodskap dat die gebruik van dwelmmiddels vernietigend is, is ’n siening waarmee die meeste mense sal saamstem. Min mense sal stry dat die realiteit van opioïedgebruik, skrikwekkende gevolge het, maar die vraag na die produk neem voortdurend toe. ’n Referaat deur die Mayo-Kliniek beskryf verslawing en hoe selfvernietigende gedrag kragtig kompulsief raak vir iemand wat in die greep van dwelms vasgevang is:
Verslawing is ’n toestand waar iets wat as genotvol begin het, nou voel soos iets waarsonder ’n mens nie kan leef nie. Dwelmverslawing word gedefinieer as ’n onbeheerbare gevoel dat ’n mens medisyne of dwelmmiddels moét gebruik en aanhou moet gebruik al veroorsaak dit herhaaldelike nadelige skade. Opioïede is hoogs verslawend, hoofsaaklik omdat dit kragtige beloningsentrums [dopamien-afskeiding] in die brein veroorsaak ... Wanneer ’n opioïed-dosis se werking afneem, wil ’n mens daardie goeie gevoelens so gou as moontlik terug hê (“How opioid use disorder occurs,” MayoClinic.org).
Wanneer daar onderhoude gevoer word of ’n mens met iemand praat wat in die kloue van verslawing vasgevang is, is dit nie moeilik om te besef dat verslawing ’n vorm van slawerny is nie. Wat anders kan iemand buite in ’n sneeustorm laat saambondel vir ’n paar trekke van ’n sigaret en ’n tydelike plesier van nikotien? Terwyl die apostel Paulus aan ’n toenemend groeiende gemeente in Rome geskryf het, het hy mense beskryf as slawe van alles wat deur ons gekies word om te gehoorsaam. “Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie – óf van die sonde tot die dood, óf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?” (Romeine 6:16).
Opioïede is nie die enigste verslawing wat die mensdom teister nie. Daar is geen tekort aan slegte gewoontes waarvan mense ten volle bewus is dat dit op die lang termyn nadelig is vir hulle nie. Ten spyte daarvan gee ontelbare miljoene verslaafdes hulleself oor aan die beheer van verslawende middels en gedrag, tot so ’n mate dat hulle mediese hulp mag nodig hê om daarvan bevry te word. Verslawings wat so dikwels as vermydelike euwels begin, kan baie mense tragies in onwillige slawe verander. Wanneer ons toelaat dat enige euwels ons gedrag bepaal, raak ons verslaaf daaraan.
Dit wat bevredig
Die profeet Jesaja was geïnspireer om ’n leersame gedeelte oor egte waardes te skryf. Die vers is hoofsaaklik bedoel om lig te werp op die volk Israel se geestelike tekortkomings; dit openbaar egter ’n kragtige beginsel wat die verslaafde se fisiese werklikheid beskryf: “Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie?” (Jesaja 55:2).
Dwelmverslaafdes is bereid om hulle beperkte hulpbronne (geld, tyd, gesondheid, verhoudings) op te offer vir iets wat nie op die lange duur selfs ’n bietjie bevrediging sal lewer nie. Gebruikers van dwelmmiddels – vir ontspanningsdoeleindes – kan hulle verlustig in die chemies-geïnduseerde euforie om bedwelmd te raak. Baie individue het in dwelmgebruik verval in die hoop om van ’n lewe wat hopeloos lyk te ontsnap. Die Skrif erken dat om die verkeerde ding te doen wel kortstondige plesier tot gevolg kan hê. Moses word beskryf as iemand wat “die genot van die sonde” verwerp het (Hebreërs 11:25). Die hoogtepunte van dwelmgebruik en enige ander verslawing is net dít: verbygaande plesier. Uiteindelik verflou die uitwerking van die dwelms en gebruikers word dan gelaat met die gevolge van hulle besluit en ’n leemte wat deur die volgende hoogtepunt van bedwelming gevul moet word.
Verslawing is soos ’n jeukplek wat, wanneer dit gekrap word, net vir ’n oomblik verligting gee. Soos Jesaja geïnspireer was om te vra, Waarom geld spandeer op iets wat nie bevredig nie? Die voorafgaande vers openbaar wat gewaarborg is om te bevredig: “o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!” (Jesaja 55:1).
God moedig ons aan om te onderskei tussen die waarde van wat ons beskikbaar het en om te prioritiseer dít wat langtermyn waarde het. Dit beteken die verwerping van tydelike, sondige plesier, soos wat Moses gedoen het, ten gunste van die belofte van iets beter. God se belofte is ’n beloning wat groter is as enige fisiese hoogtepunt of verbygaande plesier wat ons onsself kan voorstel. Hy moedig ons aan om sonder geld by Hom te kom koop. Sy belofte kom nie ten koste van ons gesondheid nie en dit lei uiteindelik tot ’n lewe van oorvloed en ’n ewige seën wat ons nie onbevredig sal laat nie.
Indien u meer wil weet oor hierdie belofte, met betrekking tot dit wat ons werklik kan gerusstel, kan u gerus ’n gratis eksemplaar van Wat is die doel van die lewe? van die streekkantoor naaste aan u aanvra - die lys verskyn op bladsy 2 van hierdie tydskrif of lees dit aanlyn by TomorrowsWorld.org.