Dit is dié vraag van ons lewe, maar waar kan ons die antwoord vind?

Jong kinders is van nature nuuskierig. Hulle kyk met verwondering na skilderagtige omgewings en word oorweldig deur die skoonheid en die verskeidenheid plant- en dierelewe wat hulle waarneem. Wat 'n kind sien, is onverwerk en nog nie volledig verwerk en gekategoriseer nie en maak dít wat hulle sien, nuut en opwindend.

Miskien flits 'n vae gedagte soms deur die kind se gedagtes. Wat beteken dit alles? Waarom bestaan al hierdie dinge? Vir kinders is dit egter van minder belang, want iets anders trek gou weer hulle aandag.

Namate individue besiger raak met die vereistes wat groot-word eis, oor hulle eie individualiteit en die samelewing leer, bestee hulle al minder tyd en energie aan die vraag “waarom?” Wat is die doel van hierdie of daardie ding se bestaan? Is daar enige oorheersende kosmiese verduideliking wat ons kan gee vir dít wat ons eens op 'n tyd instinktief wou weet maar nog nie die vermoë gehad het om uit te vind nie?

Victor Frankl het in sy boek Man's Search for Meaning, baie treffend gesê dat “die mens se grootste strewe nie is om plesier te vind nie of om pyn te vermy nie, maar eerder om die betekenis van sy lewe in te sien”.

Nuttelose spekulasies van talle “kundiges” aangaande die betekenis van die lewe skep net meer verwarring as duidelikheid. Vertroue op filosofiese dooiepunte bied geen bevredigende, objektiewe antwoord op die vraag “waarom bestaan ons?” nie.

 

Erkenning van die oog-lopende

Laat ons tot die punt kom – dit is duidelik dat dinge bestaan. Dit het nie net uit niks ontstaan nie! Dit moes geskep gewees het. Wie of wat het veroorsaak dat dit ontstaan het?

Koning Salomo, een van die slimste mans wat nog ooit geleef het, skryf: “Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind” (Prediker 3:11).

Die apostel Paulus verduidelik dat hierdie Skepper Homself openbaar, maar baie mense weier om dit raak te sien: “Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk, omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. Want sy onsigbare dinge kan van die skep-ping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie” (Romeine 1:18-20).

God praat deur sy profeet Jesaja: “Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen” (Jesaja 46:9-10). God het 'n plan en 'n doel. Hy het egter net aan 'n paar mense die vermoë gegee om dit volkome te verstaan, terwyl baie ander gewillig is om blind te wees.

Daar is 'n doel vir die mens en die hele skepping en daardie doel is deur 'n Skepper bepaal! Party wetenskaplikes onder-soek die materiële wêreld en kom tot die gevolgtrekking dat die Bybel se woorde oor hierdie aangeleenthede, feite is. Ongelukkig betwis of ignoreer baie mense dit tog.

 

Ontkenning van die enigste Bron vir die antwoord

Francis Crick, 'n molekulêre bioloog, biofisikus en neurowetenskaplike asook mede-ontdekker van die struktuur van die DNA-molekule, skryf byvoorbeeld in sy boek, The Astonishing Hypothesis: The Scientific Search for the Soul, “Die verbasende veronderstelling is dat 'u' u vreugdes en u hartseer, u herinneringe en ambisies, u sin van persoonlike identiteit en vrye wil, in werklikheid niks meer is as net die gedrag van 'n groot samestelling van senuweeselle en hulle geassosieerde molekules nie”. Carl Sagan het eenmaal gesê: “Die kosmos is al wat daar is of was of ooit sal wees”.

Sulke “kundiges” kom nie met werklike antwoorde vorendag nie.

Daar is net een Bron wat verduidelik waarom ek en u asemhaal. Die antwoorde waarna die mensdom soek, word in die bladsye van die Bybel gevind. Indien u regtig wil weet, daag uself uit en delf persoonlik in die Woord van God. Om u hiermee te help, kan u gerus ons gratis Bybelstudiekursus aanvra of u kan aanlyn inskryf en dit doen by wvm.co.za.