Indien u genesing benodig, behoort u die antwoord op hierdie vraag te ken!


Ek was vroeër verlede jaar, op die dag van hul nasionale verkiesing, in Suid-Afrika. Die uitslag was nie te betwyfel nie – die African National Congress (ANC) sou weer verkies word met ’n volstrekte meerderheid. Nogtans besef baie mense buite Suid-Afrika nie dat die ANC heelwat verander het sedert dit, in 1994, onder Nelson Mandela, bewind oorgeneem het van die “reënboognasie” nie.

Destyds het die Zoeloe volk – onder die banier van die Inkhata Freedom Party (IFP) – ’n werklike alternatief gebied. In verlede jaar se verkiesing egter, is Jacob Zuma – ’n Zoeloe leier wat wyd bemin word, ongeag die aanklagte van korrupsie en verkragting teen hom, wat eers onlangs herroep is – aan die stuur van die ANC en het die party se oorwinning verseker.

Baie volke as een

Uniek onder die nasionale embleme, bestaan Suid-Afrika se na-1994 vlag uit ses kleure – swart, wit, goud, groen, blou en rooierige-oranje. Die verskillende skakerings is veronderstel om die verskillende volke te verteenwoordig wat in hierdie ryk land aan die verste suidelike breedtegraad van die groot kontinent gevestig is.

Baie mense wat net die nasie se moderne geskiedenis ken, besef nie dat die eerste setlaars in die Kaapse Kolonie wat vir die Hollands-Oos-Indiese Kompanjie gewerk het, vir bykans 200 jaar feitlik geen swart Afrikaan gesien het nie. Behalwe vir ’n paar vroeëre skermutselings, het die Hollanders ’n vredeliewende bestaan gevoer in hul nuwe vaderland. Hulle sou baie meer probleme met die Britte ondervind as met die Bantoes.

Vir ’n onpartydige buitestander mag dit lyk asof elkeen van die drie belangrikste spelers in Suid-Afrika se moderne geskiedenis, “sy dag in die son gehad” het. Die Britte, die Afrikaners en die inheemse Afrikane het elkeen die regeringsmantel gedra.

Dit is nie moeilik om te verstaan dat God elkeen van hierdie volke dop sou hou om te sien hoe elkeen van hulle mag kan hanteer – en in besonder hoe hulle hul mede Suid-Afrikaners sou behandel, nie. Per slot van rekening is dit Hy wat die perke stel van die tye en grense van die nasies se heerskappy (Handelinge 17:26). Dit is deur Sy wil dat konings regeer of val (Spreuke 8:15-16). Watter lesse kan ons leer uit die geskiedenis van hierdie pragtige, maar dikwels gekwelde land?

In die jare wat gevolg het nadat Jan van Riebeeck in 1652 in Suid-Afrika aan wal gestap het, het baie Hollanders – en later Franse Hugenote – hulle boerdery-tegnieke, beeste, skape en wingerdstokke na hul nuwe tuiste gebring. Hierdie vroeëre setlaars was ’n godsdienstige volk wat vas geglo het dat God aan hulle ’n nuwe land gegee het. (Om meer te leer oor God se hand in die geskiedenis van die moderne afstammelinge van antieke Israel, vra asseblief om ’n kopie van ons boekie: Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika?)

Gedurende dieselfde tyd, aan die oostekant, het Bantoe stamme – insluitende die Zoeloes – vanaf Zimbabwe suidwaarts migreer na die huidige gebied van KwaZulu Natal. Die Zoeloe leier, Shaka het, danksy sy meerdere militêre bekwaamheid, sy ryk uitgebrei tot in ander stamgebiede nadat hy die Zoeloes se bure tot onderdanigheid gedwing het.

In 1795 het die Britte die Kaap vir die Britse kroon geannekseer. Die Hollandse “Boere” (boer is Hollands vir ’n persoon wat op ’n plaas boer) kon nie die Britse teenwoordigheid verdra nie; en toe die Britse Ryk in 1833 die vrylating van alle slawe verklaar het, het Boere “Trekkers” ooswaarts beweeg in die gebied van die Oranje Vrystaat, waar hulle met Shaka se broer, Dingaan gebots het. Nadat die Zoeloe krygers die Boere se leier Piet Retief en sy makkers vermoor het, het die “Voortrekkers” hul God belowe dat indien Hy aan hulle die oorwinning sou besorg, hulle Hom met ’n jaarlikse Geloftedag sou gedenk. Die seëvierende Boere het hulle egter nie lank in die nuwe land gevestig nie, of Britse setlaars het hulle probeer oorheers, op soek na goud en diamante. Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) het gevolg, wat gelei het tot groot verdriet vir die Boere wat moes toesien hoe hul plase vernietig en hul gesinne vervolg en in konsentrasie kampe gesit word. Baie het daar aan siektes gesterf en tot vandag toe koester party Afrikaners nog steeds ’n wrok teen die Britte.

Die Britse oorheersing het nie lank geduur nie; die Afrikaners het die volgende beurt gekry om mag uit te oefen. Onder Eerste Minister D.F. Malan, ’n uitgesproke kampvegter vir Afrikaanse nasionalisme, het die Nasionale Party in 1948 aan bewind gekom. Dit het Suid-Afrika se aanvanklike segregasie beleid uitgebrei tot wat later bekend gestaan het as “apartheid”. Nie-blanke Suid-Afrikaners was onderworpe aan streng segregasie op alle gebiede van die lewe. Teen die sewentiger en tagtiger jare het internasionale veroordeling van hierdie beleide gelei tot die Verenigde Nasies se sanksies, wat uiteindelik President F.W. de Klerk in 1990 sover gebring het om ’n einde te maak aan apartheid en verkiesings vir alle Suid-Afrikaners uit te roep.

Baie blanke Suid-Afrikaners het ’n teenreaksie van wraak vir die jare van apartheid verwag. Dit was dus ’n groot verrassing toe Nelson Mandela die Waarheids- en Versoeningskommissie ingestel het, met die vooropgestelde doel om ou vyande aan te moedig om die haat van die verlede te verwerk. Hierdie verpligte proses van selfondersoek het gehelp om ’n relatief vreedsame oorgang na meerderheidsregering in Suid-Afrika aan te help; en die nasie het in 1994 weer by die Verenigde Nasies aangesluit, na meer as 30 jaar van afsondering.

Sedertdien het Suid-Afrika baie ernstige probleme trotseer. Bykans een miljoen opgeleide blanke Suid-Afrikaners het die land verlaat vir ander Engelssprekende lande, ’n neiging wat verhaas word deur die regering se beleid om baie senior en verantwoordelike poste op die grondslag van ras toe te ken – ’n soort omgekeerde rassebeleid wat in vorige jare gebruik was om Blankes te bevoordeel. Sal hierdie beleidsrigtings lei tot ’n meer harmonieuse en suksesvolle gemeenskap vir almal? Onthou, God is nog besig om dop te hou, soos Hy voorheen die Britte en Afrikaners dopgehou het.

Dit kon egter baie erger gewees het. Anders as Zimbabwe, die land se noordelike buurman, het Suid-Afrika oor die algemeen versigtig vorentoe beweeg, bewus daarvan dat ten einde voorspoed vir Swart Suid-Afrikaners te bewerkstellig, daar ruimte moet wees vir alle Suid-Afrikaners om hul produktiewe kundigheid te beoefen en om met oorsese maatskappye saam te werk. Tot op hierdie dag hou Afrikaanse- en Britse landbouers, wynboere en selfgeëmplojeerde besigheidslui, Suid-Afrika aan die gang, saam met hul swart landgenote.

Die groeiende Europese Unie hou Suid-Afrika dop. Duitsland, in die besonder, is begaan oor die nasie se strategiese mineraalneerslae. Dertig persent van die wêreld se titaanreserwes is in Suid-Afrika. Terwyl Brittanje en Amerika verder in ekonomiese verval wegsink, hoe lank sal dit duur voordat die Europese nasies – met wie Suid-Afrika lank reeds ’n ooreenkoms het – besluit om meer aggressief op te tree om met die toenemende belangrikheid van China op die Afrikaanse kontinent mee te ding?

Nkosi Sikelel’ iAfrika

Spoedig na ’n nuwe vlag, het ook ’n nuwe nasionale volkslied gekom. Waar Suid-Afrika eers aan twee volksliedere – een in Xhosa en een in Afrikaans – vasgeklou het, deel die mense nou een. Hierdie land met ’n vlag van ses kleure, het nou ’n nasionale volkslied met gedeeltes in elk van die land se vyf tale – Xhosa, Zoeloe, Sesotho, Afrikaans en Engels. Dit begin met die woorde van die negentiende eeuse Xhosa gesang, Nkosi Sikelel’ iAfrika (“Here, seën Afrika”) en eindig met hierdie aangrypende woorde in Engels: 
 “Lord, we ask you to protect our nation.
Intervene and end all conflicts.
Let it be so, forever and ever”.

Wat hou die toekoms in vir Suid-Afrika? Sy volke het meer ontberings beleef as wat baie in die Engelssprekende wêreld ooit sal ondervind. Hulle het die mislukking van die een menslike regering na die ander ervaar. Meer as die meeste volke in die welvarende Weste, kan hulle met innige gevoel tot God uitroep: “Laat U koninkryk kom!” (Mattheüs 6:10). Nogtans, ten spyte van die land se gekwelde geskiedenis, wag daar ’n glorieryke toekoms vir alle Suid-Afrikaners van elke kleur en agtergrond – en ook vir al die mense van die wêreld – wanneer Jesus Christus terugkeer. Om meer te leer oor hierdie wonderlike toekoms, bestel asseblief u gratis kopie van ons boekie, The World Ahead: What Will it Be Like?